Off Plover Street
Struisbult
Springs
admin@blesbokshooting.co.za
Range - Danny: 082 976 6133
GPS: -26.3205702,28.4920973
|
Afrikaans
Geweer Baan
Ons 200m skietbaan is toegerus met 14 banke onder skadu. Daar is ook 'n deel van die baan beskikbaar vir .22 sihouet skiet. Die 300 meter baan was amptelik op 25 Februarie 2012 ingewei en beskik oor 'n pragtige gras blad vir 10 skuts om van af te skiet.
Handwapen
Daar word 2 sessies per maand gewei aan handwapen skiet. Die een sessie word gebruik om teen 'n gemaklike tempo te skiet, wat ideaal is vir beginners en persone wat hul wapens beter wil leer ken en hanteer. Die ander sessie is gemik op meer bekwame skuts wat in praktiese kompetisie deelneem.
Blesbok Skietbaan
Swartwitpens Jagters
Blesbok Skietbaan / skietklub is geleë in Springs aan die Oosrand (Gauteng), so 50 Km Oos van Johannesburg. Die baan is ingerig vir gewere, handwapens, haelgeweer (kleiduif) en swartkruit. Dit is ook een van die enigste 300m SABS geakrediteerde bane aan die rand.
Ons het ook altyd 'n baan-offisier aan diens wanneer die baan oop is om te verseker dat die verlangde veiligheid standaarde gehandhaaf word.
Ons akkomodeer ook verskeie ander verenigings wat gemagtig is om toegewyde jagter status toe te ken aan lede wat aan die vereistes voldoen.
Hier word ook baie moeite gedoen om ons jong generasie op te lei in veldkuns, jag, skietkuns en sommer allerlei aktiwiteite wat verband hou met jag en die natuur.
Haelgeweer / Kleiduif
Die baan spog met 'n automaties kleimasjien vir "Trap" en "ABT". 'n Baanoffisier sal ook beskikbaar wees om nuwelinge by te staan.
Boogskiet
Die 80m boogbaan is onlangs oopgemaak en skadunet is opgesit. Ons werk nog aan 'n paar verbeteringe maar die baan is oop vir gebruik.